Local newsSport

Gaan ondersteun môre die Jaguars in Fochville

Alle rugby-liefhebbers word môre na hierdie kragmeting uitgenooi en 'n gelukkige toeskouer kan ook weer 'n prys van die Herald wen.

Ons eie rugbyspan, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, kom môre middag op die Gert van Rensburg-stadion teen opponente van Randfontein te staan.

Die o.21-span gaan om 13:15 op die veld draf, terwyl die tweedes hul opponente om 14:40 gaan aandurf.
Die dag se hoogtepunt gaan om 16:00 plaasvind wanneer die eerste span op die veld gaan draf.

‘n Gelukkige toeskouer staan ook die kans om ‘n prys te wen indien die Herald hulle op ‘n foto in die skare uitwys.

Hou hierdie week ons koerant en webwerf vir meer besonderhede dop.

Related Articles

Back to top button