Local newsNews

Video: Noue ontkoming vir verbyganers

‘n Egpaar van Ventersdorp het eergister (Dinsdag 11 Julie) ‘n noue ontkoming gehad toe hul voertuig naby Carletonville deur transitorowers raakgeskiet is.

Die egpaar was van die motoriste wat op die R500 tussen Carletonville en die N14 gery het toe ‘n geldwa van G4S omstreeks 17:20 deur ‘n groep transitorowers aangeval is.

Die rowers, wat in ‘n swart Volkswagen Polo en ‘n Mercedes-Benz gery het, het met onder meer AK47s en op die geldwa begin skiet tot die bestuurder sowat 600 m voor die N14 kruising van die pad af moes trek omdat hulle albei sy agterwiele pap geskiet het.

Die egpaar van Ventersdorp het op die toneel aangekom en hul Ford Ranger bakkie is ook raakgeskiet. Gelukkig is hulle nie beseer nie.

Dit is nie seker met hoeveel geld die rowers op die ou end weggekom het nie want volgens ‘n video wat op die toneel geneem is, het baie van die geld op die pad en in die gras beland.

Kyk hier na die hele video:

Related Articles

Back to top button