Local newsNews

Pitbull-aanval: Eienaars maak eerste hofverskyning

Die eienaars van drie Pitbull honde wat 'n huiswerker in Januarie, verlede jaar verskeur het, het Donderdag, 6 Julie vir die eerste keer in die hof verskyn.

Die eienaars van drie Pitbull honde wat ‘n huiswerker in Januarie, verlede jaar verskeur het, het Donderdag, 6 Julie vir die eerste keer in die hof verskyn.

Chandré van der Linde en haar lewensmaat Marno Mostert, het op aanklag verbandhoudend met die wet op diereaangeleenthede in die landdroshof verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle nalatig was. Dié twee moet weer op 1 Augustus in die hof verskyn.

Die drie honde het op 25 Januarie, verlede jaar, die paartjie se huiswerker, Dipuo Kokolosi aangeval terwyl sy alleen by hulle huis in Kockstraat gewerk het.

Kokolosi se bolip, oor, neus en stukke van haar wang is weg geskeur. Sy het reeds veelvuldige operasies deur gemaak. Kokolosi het tydens ‘n vorige onderhoud aan die Herald vertel, dat sy besig was om skottelgoed te was,toe die honde haar aanval. Volgens haar was die honde gewoonlik toegemaak maar sy weet nie hoe het hulle op dié dag uitgekom nie.

Malan Schutte, Van der Linde se regsverteenwoordiger, het voorheen by navraag bevestig dat die honde op die dag van die voorval agter ‘n sekuriteitshek toegemaak was.

Twee buurmanne, Ziggy Abdullah en Dustin Wetdewich het haar op daardie oggend te hulp gesnel. Abdullah het die honde op die toneel uit selfverdediging doodgeskiet.

Volgens Kokolosi het die honde haar al twee keer voor die voorval gebyt.

“Ek het maar aanhou daar werk, omdat ek die geld nodig gehad het. “My lewe is vernietig. Ek glo nie iemand sal my as ‘n huishulp in diens wil neem nie, want hulle sal bang wees vir hoe ek lyk. Dit het selfs my familie ‘n rukkie geneem om gewoond te raak aan die ‘nuwe ek’. Al wat ek wil hê, is geregtigheid vir wat met my gebeur het,” het sy in Januarie vanjaar gesê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button