Local newsNews

Twee met oorlede Fochville polisielede se vuurwapen gearresteer

Twee mense is gisteraand gearresteer met ‘n vuurwapen wat gesteel is van die ongelukstoneel waarin drie lede van die Fochville polisie verlede week dood is.

Die drie lede, konstabels Ngwako Ronaldo Mohlopi,  Sakhiwe Albert Mnende en Mmamatlhomola Maria Mokoena, is ‘n week gelede oorlede toe hul polisie bakkie op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville die pad op ‘n skerp draai verlaat en die voertuig gerol het.

Een van die polisie lede se vuurwapen het ten tye van die voorval van die toneel af weggeraak en ‘n saak van diefstal is geopen.

Volgens die kommunikasiebeampte van die polisie in Noordwes, Kolonel Adele Myburgh, is ‘n man en vrou gisteraand in Ikageng by Potchefstroom na ‘n wenk van die publiek met die gesteelde vuurwapen en onwettige ammunisie gearresteer.

Hulle sal volgens verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button