Local newsNews

Gewapende roof by klerewinkel: Dieselfde verdagtes dalk in meer as een dorp bedrywig

Polisie vra publiek se hulp om verdagtes vas te trek

Die polisie het die hulp van die publiek gevra vir inligting wat hulle op die spoor sal sit van vier verdagts wat na bewering betrokke was by twee rooftogte waar dieselfde modus operandi verlede week gebruik is om selfone en kontant in twee afsonderlike voorvalle van gewapende roof by klerewinkels  in Parys en Kroonstad  te buit.

Polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli sê die eerste voorval was op Donderdag 8 Junie om 09:10 by ‘n klerewinkel in Kroonstad. Vier gewapende mans is in die winkel in, en is twee na die bestuurder se kantoor waar aangedring is op die kluissleutels, terwyl die ander twee die sleutels wou hê om toegang te kry tot selfone wat weggesluit was. Die rowers het met ‘n motor van die toneel gevlug met die kontant en selfone wat gebuit is.

In die tweede voorval net ‘n dag later op Vrydag 9 Junie, is dieselfde modus operandi in Parys gebruik kort nadat Exact in Kortstraat die oggend sy deure vir kliënte oopgemaak het. Drie mans wat hul voorgedoen het as kliënte, het ingestap waarop een van die mans die kluissleutels van die winkelbestuurder ge-eis het. Die ander twee het aangedring op die sleutels van ‘n kabinet waarin selfone weggesluit was.

Ook hier het die rowers met ‘n bedrag geld en selfone met ‘n motor van die toneel gevlug.

Die polisie glo dat dieselfde verdagtes moontlik betrokke was by beide rooftogte.

Enigeen wat die polisie kan help met inligting oor die twee voorvalle, is gevra om sers. Tauru Majoe, of die provinsiale georganiseerde misdaad eenheid te skakel by 071 094 0570, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10 111. Sou jy enige inligting hê oor die voorvalle, kan jy ook ‘n anonieme wenk  laat op die MYSAPS selfoontoepassing.

 

https://parysgazette.co.za/85965/gewapende-roof-dieselfde-verdagtes-dalk-in-parys-en-kroonstad-bedrywig/?fbclid=IwAR0n-OecK9VoJvJC9_3MEDScFzklLuNen1pFTvHiM3OxzrBk4wnXZ1G9kVY

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button