Local newsNews

Huisrower loop sy rieme styf

‘n Rower wat vermoedelik betrokke was by verskeie van die huisrowe wat die afgelope tyd in Carletonville plaasgevind het, het die afgelope week sy rieme styfgeloop.

Die rower en sy trawant het verlede Saterdagoggend (3 Junie) omstreeks 01:00 in Topazstraat toegeslaan. Die krimenele, wat met ‘n vuurwapen, panga en hamer gewapen was, het twee inwoners in ‘n kommune van onder meer ‘n televisiestel, hul selfone en geld beroof en een van hulle aangerand.

‘n Ander inwoner het die buurman beroep. Die buurman was reeds in hul erf besig om met die man wat hom geroep het te praat toe die rowers op hom ook afstorm.

Die boorwigte was besig om hom te beroof toe hulle die ligte van ‘n aankomende voertuig sien en besluit om die hasepad te kies. Die buurman het egter die rower met die panga gegryp en die ander slagoffers het die polisie gebel.

Hulle was binne minute op die toneel en het die rower gearresteer.

Die booswig, ‘n Mosambieker van Bekkersdal, was reeds dié week in die hof en is steeds agter tralies.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button