Local newsNews

Pragtige diere soek huise by die DBV

Talle pragtige honde en katte is by die Carletonville DBV (Dierebeskermingsvereniging) na nuwe huise op soek.

Behalwe vir volwasse honde van alle groottes en pragtige katte, is daar ook baba diertjies wat aangeneem moet word.

Die DBV herinner ook troeteldier-eienaars dat, indien hul viervoet vriend dalk verlore raak, hulle die organisasie moet skakel aangesien baie verlore diere na die DBV gebring word.

Die voorsitter van die Carletonville DBV se bestuurskomitee, me. Marlene Howie, bedank ook al die inwoners wat die afgelope tyd die organisasie met skenkings gehelp het.

Die DBV se kantore en hokke in Beersterstraat in Oberholzer (op pad na die koöperasie) is van 09:00 tot 16:00 op weeksdae en op Saterdae van 08:00 tot 11:00 oop.

Die Carletonville DBV kan by 018 788 6262 geskakel word. Hul noodnommer is 064 752 6035.


Dié pragtige Siamese kat is ook na ‘n nuwe huis op soek.
Hierdie baie vriendelike brakkie sal ook ‘n liefdevolle troeteldier maak.
Dié mak gemmerkat en haar oulike bont baba’s kort ook nuwe huise.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button