Local newsNews
Voetganger op N12 doodgery
Die ongeluk het tussen 22:30 en 22:45 plaasgevind toe 'n minibus-taxi die voetganger getref het.
‘n Voetganger is gisteraand (Saterdag, 27 Mei) op die N12 deur Potchefstroom naby Baillie Park Spar doodgery.
Die ongeluk het tussen 22:30 en 22:45 plaasgevind toe ‘n minibus-taxi die persoon getref het.
Die bestuurder van die minibus-taxi het op die toneel gebly totdat polisie gearriveer het.
Mooirivier Beskerming First Responder, ER24 . en EMRS was ook op die toneel.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.