Local newsSport

Jaguars Saterdag op tuisveld

Rugby-ondersteuners word uitgenooi om Saterdag. 27 Mei ons plaaslike rugbyklub, die Jaguars MCR (Merafong City Rugbyklub), op hul tuisveld te gaan ondersteun.

Volgens die klub se woordvoerder, Craig Barlow, gaan die Jaguars op hul tuisveld by die Gert van Rensburg Stadion in Fochville teen Germiston Simmers te staan kom.
Die dag sal om 13:15 begin wanneer die o.21-span afskop. Die tweede span se wedstryd sal om 14:20 begin. terwyl die Eerstes om 16:00 op die veld sal draf.
Hoewel die Jaguars ongelukkig verlede Saterdag teen Khoza van Roodepoort die knie moes buig, is Barlow steeds baie positief dat die Jaguars die res van die seisoen gaan seëvier.
“Die o.21s en die Tweedes was veronderstel om te wen en die Eerstes het ‘n rooi kaart gehad. Ons is besig om al beter te word en gaan baie in die tweede rondte van die liga ons krag wys,” sê Barlow.
Hy voeg by dat die Jaguars nog net drie wedstryde in die eerste rondte het. Hulle gaan die volgende paar weke teen Union van Johannesburg, Harlequins en Kagiso speel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button