Local newsNews

Welverdiend NG Kerk bly oop

Danksy ingryping deur die Ringskommissie is die deure van die Welverdiend NG-gemeente steeds oop.

Hoewel die kerkraad aanvanklik besluit het dat dié bekende gemeente in 21ste Laan 119 Sondag, 26 Februarie sy laaste erediens sou hou, het die Ringskommissie egter ingegryp en dié besluit ter syde gestel. Daar is ook ‘n nuwe kerkraad van agt lede verkies en bevestig. Mnr. Barend de Koker is die nuwe voorsitter.
Met die hulp van die konsulent, ds. Tinus Roux van Carletonville Moedergemeente, word daar tans elke Sondag eredienste gehou. Aangesien ds. Roux eers by sy eie gemeente moet preek, begin die eredienste eers om 10:30.
Daar word ook aandag gegee aan die groep belydenis katkisante.
Die gemeente het verlede Sondag Nagmaal gevier en hoewel daar nie tans ‘n orrelis is nie, sing die gemeente met kitaar begeleiding. Lidmate drink ook saam tee en koffie na die eredienste. Die kerk nooi alle lidmate uit om die eredienste by te woon. Lidmate sal ook weer gekontak en besoek word nadat wyke heringedeel en kerk-raadslede aangewys is.
Die Welverdiend NG-gemeente is in 1957 gestig en eredienste het in 1961 begin. Die kerkkantoor kan by 082 343 1007 gekontak word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button