Local newsNews

Rowers skiet huiseienaar

Inwoners van Carletonville moet asseblief baie versigtig wees omdat gevaarlike rowers deesdae veral in die sentrale deel van die dorp toeslaan.

‘n Inwoner van Azuritestraat het die aand van 25 April met sy vriend by sy hek gestaan en praat toe twee onbekende mans na hul aangestap kom.

Een van die mans het ‘n vuurwapen uitgeruk en die inwoner geskiet. Hy is in sy linkerarm en ken getref.

Gelukkig kon sy vriend hulp ontbied en hy is na Fountain Private Hospitaal gejaag.

Die polisie op Carletonville is na aanleiding van die voorval besig om ‘n saak van poging tot moord te ondersoek.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button