Local newsNews

Carletonville paramedikus voltooi Gevorderde Paramediese Diploma

Lizle Greyling, 'n bekende gesig in die nooddienste in Carletonville, het onlangs 'n lewenslange droom verwesentlik deur haar opleiding as Gevorderde Lewens Ondersteunings Paramedikus te voltooi.

Greyling het haar loopbaan in die nood mediese dienste in 2000 begin waar sy as ‘n vrywilliger by die Brandweer in Carletonville onder mnr. Andre Marx begin werk het. Met die motivering en ondersteuning van Marx het Greyling haar gou bekwaam as ‘n gekwalifiseerde brandweerman. Sy het verskeie gevorderde reddings kursusse sowel as kwalifikasies in die noodmediese dienste voltooi.
Met die provinsialisering van die ambulansdienste het Greyling die moelike besluit geneem on oor te gaan na Gauteng Nooddienste. Volgens Greyling het sy opgekyk na haar man Ben Greyling, West Williams en Shakeel Dawood wat diep spore getrap het in die nood mediese dienste in Carletonville en die omgewing. Sy het besluit om soos hulle die ALS Paramediese kursus aan te durf wat sy as top student van haar klas voltooi het.
Greyling se dit is vir haar ‘n eer om deel te kan wees van Gauteng Nooddienste se “Advanced Life Support” (ALS) span. Hoewel die beroep baie fisiese en emosionele uitdagings vir vroue inhou, glo sy dat dit ‘n besonderse beroep is vir vroue wat hul plek in die samelewing wil vollstaan en dat vroue ‘n veskil maak in die lewens van pasiënte wat hulp in noodsituasies benodig.
Die Gauteng Nood Mediese Dienste basis Carletonville spog nou met ‘n span van vier gevorderde lewens ondersteunings paramedici wat bestaan uit Greyling, Esmay Smith, Margarie Henning en Tumi Motete.
Volgens mnr. Jurgens Bence die Distrik Bestuurder in die Wes Rand is die ALS personeel, ICU ambulanse en responsvoertuie van die beste in Suid-Afrika.
“Ons is trots op Mev. Greyling en ook op die span en die feit dat hulle voertuie toegerus is met gevorderde ICU toerusting wat ventilators, difibrilators, sonar masjiene en bloed gas masjiene insluit wat met die beste in die industrie kan kompeteer,” sê Bence.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button