Local newsNews

Rowers skiet voertuig raak

‘n Groep skelms wat die polisie vermoed ‘n bende huisrowers is, het die afgelope week by verskeie huise in die sentrale deel van Carletonville toegeslaan.

In een van dié voorvalle het die eienaar van ‘n huis in Umgenistraat laataand saam met sy vriend in die tuin gesit en ontspan toe hulle skielik sy honde hoor blaf. Drie onbekende mans het hierna skielik by die hek ingestap.

“Wat soek julle hier?” het die eienaar gevra.

“Voetsek!” het een van die mans hulle toegsnou, waarna die booswig en sy makkers wapens uitgeruk het.

Die eienaar en sy vriend het besef hul lewens is in gevaar en het in sy huis ingehardloop. Die rowers het op hulle geskiet, maar hulle is gelukkig nie getref nie.

‘n Voertuig in die erf is egter raakgeskiet.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button