Local newsNews

Motief vir motoris se moord steeds ‘n raaisel

Dit is steeds nie seker wat die afgelope week tot die moord van ‘n man in Carletonville gelei het nie.

Inwoners van Talcstraat het die polisie op 20 April oor ‘n ongewone voorval geskakel.

‘n Silwer VW Polo het deur ‘n betonmuur in dié straat gejaag. Toe die polisie egter op die toneel kom, het hul gevind dat die bestuurder reeds dood was na iemand hom geskiet het.

Hulle het ook verskeie leë patroondoppies van 9mm pistool op die toneel gevind.

Niemand is tot dusver in verband met die moord gearresteer nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button