Local newsNews

Verdagtes in Barnard-moordsaak weer in die hof

Vier van die verdagtes wat verlede jaar na die moord van Natasha Frederika Wheeler Barnard van Fochville gearresteer is, het vandag slegte nuus tydens hul verskyning in die Fochville Streekhof gekry.

Barnard, wat maar 33 jaar oud was, is op 4 Maart oorlede na sy by The Boulevard in Fochville aangerand is.

Ses verdagtes, Maryna Doyle, Sidney Scheepers, Cecilia Storbeck, Twane Wienand, Rudolf Pretorius en Dave Lourens is later vir haar moord gearresteer.

Doyle, Pretorius en Wienand word van die moord op Barnard aangekla, terwyl Storbeck, Scheepers en Lourens van dwarsboming van die gereg aangekla is. Die saak teen Storbeck is egter op 8 Desember verlede jaar teruggetrek.

Doyle, Scheepers, Wienand en Lourens se regsverteenwoordigers het tydens hul vorige verskying op 17 Maart vertoë aan die senior staatsaanklaer gerig dat die sake teen hulle teruggetrek word. Die vertoë het opsommings van hul weergawes van wat gebeur het, bevat.

Hulle het egter vandag gehoor dat dié vertoë onsuksesvol was.

Dié vier vedagtes gaan nou die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Gauteng met hul vertoë nader. Die DOV se beslissing behoort teen 27 Julie, wanneer die groep weer in die hof verskyn, bekend te wees.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button