Local newsNews

Huisrower loop hom vas

‘n Rower wat die afgelope naweek inwoners van ‘n huis in Carletonville wou aanval, moes met leë hande van die toneel vlug.

Die voorval het Vrydagaand sowat ‘n halfuur voor middernag plaasgevind. Drie inwoners van ‘n huis in Dolomitestraat was rustig tuis toe ‘n gewapende man instorm en hul waardevolle items eis.

Die rower het reeds hul selfone en skootrekenaars gegryp toe die mans skielik besef dat daar drie van hulle en net een rower is. Die mans het die rower gegryp en met hom begin stoei.

Die booswig het besef dat hy lelik tweede gaan kom en het al sy buit asook sy vuurwapen net so gelos en weggehardloop. Dit het by nadere ondersoek geblyk dat die vuurwapen ‘n lugpistool (BB gun) was.

Die polisie ondersoek nogtans ‘n saak van huisroof.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button