Local newsNews

Twee dood toe bakkie met boom bots

ER24 sê twee mense (albei in hul 30’s) is dood toe die bestuurder van ‘n bakkie Sondagaand beheer oor die voertuig verloor en met ’n boom langs Weilbachstraat in Meyerton gebots het.

Nooddienswerkers van ER24, sowel as lede van die Midvaal-brandweer was teen 22:00 op die toneel waar hulle die opgefrommelde bakkie teen die boom aangetref het met twee mense binne die voertuig.

Die Midvaal-brandweer het reddingskake gebruik om die insittendes te bevry.

Albei mans het ongelukkig aan beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rondom die ongeluk is tans onbekend.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button