Noue ontkoming toe bakkie in rivier in loop
Die polisie en nooddienste was baie vinnig op die toneel en kon die voertuig uit die water gehaal word.
‘n Man van Parys het Sondagaand 19 Maart net na 18:00 ‘n noue ontkoming gehad toe sy bakkie by Grewarlaan in die Vaalrivier ingeloop het.
Die man het vroeër die dag op die oewer gesit en visvang. Laatmiddag het hy in die voertuig geklim om dit te skuif. Hy het die voertuig aangesluit, maar toe hy rem trap, was daar skiellik nie remme nie. Hy het toe die voertuig in tru-rat probeer sit, maar het ook dit nie gewerk nie, en het die voertuig teen die rivierwal begin afloop. Hy kon net betyds by die voertuig se venster uitkom voor dit in die water in is.
Die polisie en nooddienste was baie vinnig op die toneel en kon die voertuig uit die water gehaal word.
Dankie aan die polisielede, Parys Medix, We Care, Johnnys Panelbeaters, Prinsloo Recovery en Security Master wat hulp op die toneel verleen het.
Die voertuig was teen net voor 19:00 uit die water.