Local newsNews

Motief vir inwoner se moord steeds ‘n raaisel

Die polisie op Carletonville is steeds nie seker hoekom ‘n man koelbloedig in Onyx-rylaan vermoor is nie.

Die bestuurder en sy vriend het op 27 Februarie omstreeks 20:00 die bestuurder se suster by Onyx-rylaan 17 gaan aflaai. Sy suster het net uitgeklim en was besig om die hek oop te maak toe ‘n man wat op die sypaadjie gestaan het op hulle begin skiet het.

Die bestuurder en sy vriend is albei raakgeskiet.

As gevolg van dié skok het die bestuurder sy voet op sy motor se versneller gedruk en in die huis se muur vasgejaag.

Mense wat toevallig in die omgewing was, het die mans te hulp gesnel en met hulle na Carletonville Hospitaal gejaag.

Ongelukkig was die bestuurder reeds dood toe hy by die hospital aankom.

Sy vriend is egter opgeneem en later na Leratong Hospitaal oorgeplaas.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button