Local newsNews

KYK: Rivierlapa stort ineen weens krag van rivier

Groot skade is die naweek aan eiendomme langs die Vaalrivier aangerig nadat nog sluise by die oorvol Vaaldam oopgetrek is.

In ‘n voorval Sondagmiddag (19 Februarie 2023) het ‘n rivierlapa langs die Vaalrivier by Vereeniging ten aanskoue van toeskouers ineengestort nadat die struktuur meegegee het weens die sterk stroom.

Daar was ‘n gekraak en oomblikke later het die dak ingegee en met die rivier afgedryf.

In die nabye omgewing het ‘n watersport-entoesias met sy jetski rondgery – ten spyte van waarskuwings deur owerhede aan die publiek om van die water af weg te bly.

Volgens die jongste syfers wat deurgegee is was die Vaaldam teen Sondag (19 Februarie 2023) 113.7% vol met ‘n invloei van 2 869m³/s met ‘n uitvloei van 2 188m³/s.

Daar is tans 12 sluise by die Vaaldam oop.

Eers was daar harde kraakgeluide. Foto: Christiaan Cloete
Die dak van die rivierlapa stort ineen. Foto: Christiaan Cloete
Die dak beland in die water. Foto: Christiaan Cloete
Water spat soos die dak in die rivier neerplons. Foto: Christiaan Cloete
Die dak word meegesleur deur die Vaalrivier in volle vloed. Foto: Christiaan Cloete
Stukke van die dak dryf met die Vaalrivier af in Vanderbijlpark se rigting. Foto: Christiaan Cloete
‘n Watersport-entoesias jaag met sy jetski op die Vaalrivier in vloed. Foto: Christiaan Cloete
Die stroom is baie sterk en het reeds gedeeltes van hierdie palisadeheining weggespoel. Foto: Christiaan Cloete

https://vaalweekblad.com/156129/kyk-rivierlapa-stort-ineen-weens-krag-van-rivier/?fbclid=IwAR0AO9HPVxY4XyBIEeYvRGXcO6o8q1QpVOu8AU-0OP7X5zItsAabyHsYIU8

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button