Local newsNews

Parys se drinkwater bevat E.coli

Luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek in die Vrystaat, bevat Parys se drinkwater E.coli, terwyl Koffiefontein en Kroonstad se drinkwater bloot nie op standaard is nie.

Volgens die veslag wat aan die begin van Februarie bekend gemaak is, is die meeste dorpe in die Vrystaat se drinkwater wat getoets is, is skoon en drinkbaar behalwe dié van Koffiefontein, Parys en Kroonstad.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in die Vrystaat se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

“Ons kon vasstel dat 20 Vrystaatse dorpe se drinkwater – waaronder Bloemfontein, Boshof, Heilbron en Viljoenskroon – aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie.

“AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 16 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor die 16 rioolsuiweringsaanlegte, waaronder  Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, en  Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit tel (altwee val onder die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit).

“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Groenewald.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Groenewald af.

  • Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid-Afrika afstuur nie” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum versoek inwoners van Vrystaat om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45344 (R1) en steun hierdie aksie.

Vrystaat Groendruppeluitslae
Bo en onder: Vrystaat Bloudruppeluitslae

Related Articles

Back to top button