Local newsNews

Myner met R14 miljoen se gesteelde goud betrap

Die polisie in die Wes Rand en die Valke het die afgelope 24 uur twee groot arrestasies met die hulp van die myngroep Sibanye-Stillwater se sekuriteit gemaak.

‘n Manlike werknemer (36) van dié myngroep is gistermiddag skuins voor Carletonville Wimpy by sy wit City Golf met plofstof en verwante materiaal gearresteer. Die polisie se snelwegpatrollie en plofstof-eenheid was ook by die arrestasie betrokke.

Volgens die Wesrandse polisiekomissaris, Generaal Fred Kekana, is die man in ‘n lokval vasgetrek. Dié lokval het gevolg op maande se ondersoekwerk na die oorsprong van plofstof wat in onder meer transito rooftogte gebruik word.

Die polisie het ook R30 000 kontant in die kar se paneelkissie asook verdere bewyse by sy huis in Carletonville Uitbreiding 9 gevind.

In nóg ‘n groot sukses is ‘n 38-jarige vroulike werker van dieselfde myngroep die aand vantevore in Oos-Driefontein met 7 kilogram se saamgevoegde goud gearresteer. Dié waarde van die goud is R14 miljoen.

Sy het reeds in die Oberholzer Landdroshof verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel. Die vrou het nie borg ontvang nie.

Lede van die Carletonville Speurtak het ook by beide die ondersoeke betrokke.

Related Articles

Back to top button