Local newsNews

Agt klagtes van bedrog teen Potchefstromers

Wilhelmina (Minnie) Dawkins (64) en Kobus van Deventer (66) het verlede maand vir die eerste keer in die Pretoria streekshof op aanklagtes van bedrog verskyn.

Twee Potchefstromers, Wilhelmina Dawkins (64) en Kobus van Deventer (66), gaan op Maandag, 13 Februarie op agt aanklagtes van bedrog in die streekhof in Pretoria verskyn. Dit gaan hul tweede verskyning wees.

Dawkins en Van Deventer het op Donderdag, 12 Januarie vir die eerste keer in die Pretoria streekhof verskyn maar die saak is toe tot Maandag, 13 Februarie uitgestel waar die saak vir verhoordoeleindes in hof 4 in Pretoria hervat sal word.

Die Potchefstroomse prokureur, Deon van Staden, is een van klaers in hierdie saak.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het die beweerde bedrogvoorvalle tussen 1 Junie en 6 Julie plaasgevind.

https://potchefstroomherald.co.za/120583/agt-klagtes-van-bedrog-teen-potchefstromers/?fbclid=IwAR1xu-fWUNwXjlSYzmtRJWL8mPFJz18Mw7KURkeSuw2JYhTwDl84__MNUdk

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button