Local newsNews

Leerders gelukkig nie by die skool toe sinkgat inval nie

Leerders gelukkig nie by die skool toe sinkgat inval nie.

Leerders van Relebogile Secondary School in Khutsong Suid by Carletonville was gelukkig vanoggend nie by die skool toe ‘n sinkgat onder ‘n deel van die skool ingeval het nie.

Die student-unie Cosas (Congress of South African Students) het gister leerders gevra om vir drie dae by die huis te bly terwyl hulle wag op die skool se antwoorde op ‘n memorandum waarin hulle onder meer oor die “ongesonde, onveilige en onstabiele infrastruktuur” gekla het.

Die sinkgat het onder toilette en ‘n kombuis ingeval. Dit is meer as ‘n verdieping diep en aan die onderkant van dubbelverdieping deel van die siersteen skoolgebou.

“Ons is baie bekommerd oor wat nou met ons kinders gaan gebeur,” het een van die ma’s wat vanoggend by die skool saamgedrom het gesê. Volgens een van die inwoners van die omgewing is die skool 21 jaar gelede gebou.

Die woordvoerder van die Gauteng Departement van Onderwys, mnr. Steve Mabona, het nog nie op vrae oor die voorval en wat die department gaan doen om seker te maak dat leerders met hul skoolwerk kan voortgaan, geantwoord nie.

Related Articles

Back to top button