Local newsNews

Riool stroom stééds in rivier buite Fochville

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het na meer as ‘n jaar steeds nie iets aan die groot rioollek langs Kokosi gedoen nie.

Duisende liter riool het steeds Maandag uit ‘n mangat in die Loopspruit ingestroom. Die mangat is op die hoof rioollyn tussen Kokosi en die Kokosi rioolsuiweringsaanleg geleë.

Die riool besoedel nie net die water wat deur boere stroom-af gebruik moet word nie. Die Loopspruit eindig in die Klipdriftdam, wat ‘n gewilde hengelplek wat ook bekend vir sy voëllewe is.

Hoewel die munisipaliteit nie vrae oor die probleem beantwoord het nie, wys ‘n inskrywing op die webwerf van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap dat die munisipaliteit se aansoek om omgewingsgoedkeuring te kry om ‘n nuwe pyplyn tussen Kokosi en die suiweringsaanleg te bou, goedgekeur is.

Related Articles

Back to top button