Local newsNews

Video: Pad na Fochville vullisterrein al nouer

Dit word ál moeiliker vir inwoners van Fochville om by dié dorp se vullisterrein uit te kom.

Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit gee al vir jare nie die nodige aandag aan die vullisterrein nie. Dit het veroorsaak dat al meer morsjorse hul rommel op die pad na die terrein gooi.

Iemand het onlangs ook ‘n klomp bourommel langs die pad naby die munisipale voertuig toetsstasie gegooi. Dít, saam met allerlei ander rommel, het vanmiddag nie net die sypaadjie vol gelê nie maar lê ook al verder in die pad self.

Al meer riool dam ook op die hoek tussen die gemors op.

Hoewel die munisipaliteit keer op keer belowe dat hulle “binnekort” iets aan die probleme gaan doen, word die gemors net al erger.

Hier is ‘n video van hoe dit vanmiddag op die pad na die vullisterrein gelyk het:

Related Articles

Back to top button