CommunityHealthLifestylePhoto Galleries

Geel strikke, simbool van hoop vir dwelmverslaafdes

Afhanklikheidsmiddele is ‘n dodelike begin vir ‘n pynvolle einde.

Afhanklikheidsmiddele is ‘n dodelike begin vir ‘n pynvolle einde.
Volgens. me. Suzette Oosthuizen van die SAVF (Suid-Afrikaanse Vrouefederasie),
met wie die Herald dié week vir die organisasie se dwelmbewusmakings-veldtog gepraat het, moet inwoners seker maak hulle word nie deel van die statistiek nie.
“Wanneer dit by dwelms kom, wees slim… moenie eers begin nie! Jy kan nie verslaaf raak as jy nie die eerte drankie geneem het nie, of die eerste spuit gespuit het of die eerste dwelms ingeneem het nie,” sê Oosthuizen.
Met die toename van dwelmgebuik ook in ons gemeenskap wil die SAVF hulle stem voeg by die landwye dwelmbewusmakings-veldtog 2016.
“Wanneer jy die geel strikke gebind om die bome sien mag dit jou herinner aan die duisende slagoffers van dwelmgebruik. Mag dit jou motiveer om hoop te bring vir hulle sonder hoop,” sê Oosthuizen.
Baie word tans gedoen in Carletonville in samewerking met die Alkoholiste Anoniem. Skole word toegespreek, inligtingspamflette word beskikbaar gestel vir bemagtiging en ondersteuningsgroepe word aangebied by die SAVF se kantore op Dinsdae en Donderdae om 18:00. Berading word gedoen en rehabilitasie ondersoeke word gereel. Hier word daar nie teen die slagoffer of sy naasbestaande gediskrimineer nie en
word almal aanvaar binne die sirkel van oorwinning!
Statistiek jok nie. Luidens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad is 1 uit elke10 mense in Suid-Afrika verslaaf aan dwelms, met 11% van die totale bevolking wat iewers in hulle lewe met verslawing te doen sal kry met dagga en alkohol as die mees algemene keuse.
Volgens SANCA wys statistieke dat dwelm- en alkohol-misbruik met ongeveer 200% toegeneem het oor die laaste vier jaar. In n opname gedoen met persone tussen 14 en 22 jaar, was 60% dwelmgebruikers met die jongste heroien-gebruiker wat slegs agt jaar oud is.
Gerusstellend is dat dit slegs 1% onder die ouderdom van 10 jaar is wat betrokke
is by dwelms, maar dit is steeds 1% te veel. Tussen 10 en 14 jaar is dit egter 2 tot 4%. Tipiese dwelm gebruik by hierdie jongmense is alkohol, tabak en dagga. Tydens die dwelmbewusmakingsveldtog val die klem op dwelmafhanklikheids voorkoming, gesprekke oor behandeling en herstel en om vorendag te kom met oplossings en veranderings!
Verskillende dwelms het verskillende uitwerkings, maar alle dwelmmiddels is verslawend! Dwelms vernietig jou brein van dag een af. Elke dwelmmiddel het sy eie negatiewe newe effekte. Daar is waarskuwingstekens wat ‘n aanduiding kan gee van dwelmmisbruik.
Dit is belangrik dat meer as een van die gedragsveranderinge aanwesig moet wees vir ‘n tydperk alvorens ‘n aaname van dwelmgebruik gemaak kan word. Dié veranderinge is onder meer ‘n slordige en onversorgde voorkoms, onttrekking, isolasie, moegheid,
depressie, agressiewe en rebelse optrede, ‘n veranderde vriendekring, afname
in werk- of skool prestasie, verloor belangstelling in stokperdjies of sport en negatiewe gesinsverhoudinge.
“Daar is altyd hoop vir die slagoffer van dwelmmisbruik! Respekteer jouself en word weer gesond,” sê Oosthuizen.
Hulp kan gevind word binne jouself, by die ondersteuningsgroepe Alcoholics Anonymous (AA) en Narcotics Anymous (NA), rehabilitasiesentrums en berading.
Kontak Narcotics Anonymous by 083 900 6962 of die SAVF by 018 786 1016
vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button