Soektog in Walkerville nadat tier ontsnap
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Vereeniging en Vanderbijlpark sê daar word gesoek na 'n tier wat glo ontsnap het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/115/2023/01/320532052_1164761581072136_7432955191961643559_n-780x470-1-780x470.jpg)
Die dier is glo deur ‘n privaat inwoner aangehou maar het ontsnap.
Volgens kol. Dimakatso Sello, ‘n polisiewoordvoerder, het die dier uit sy hok ontsnap en ‘n 39-jarige man en sy hond aangeval.
Cert-SA sê hulle het ongeveer 10:50 Sondag gereageer nadat ‘n man in die Highbury-omgewing deur die tier aangeval is.
“Met aankoms het ons die manlike pasiënt en sy hond aangetref. Albeie het verskeie bytwonde gehad.
“Die pasiënt is op die toneel behandel en deur ER24 na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
“Die hond is ernstig beseer en is op die toneel deur lede van die DBV uitgesit,” lees ‘n uittreksel uit ‘n verklaring wat deur Cert-SA uitgereik is.
Daar word geglo dat die tier na ‘n nabygeleë plaas ontsnap het toe die draad gedurende die nag geknip is, vermoedelik deur inbrekers.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2023/01/2b0351b8-5b78-4ab6-aa10-f3f814fd1941.jpg)
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2023/01/742fbe41-6ccc-4002-a13c-55f93e5b3545.jpg)
Plaaslike owerhede soek tans na die dier en hoop om haar te vang.
Lede van die plaaslike buurtwag, die DBV en die polisie is glo op die toneel.
‘n Polisiehelikopter help ook soek vir die dier.
Inwoners van Walkerville word gevra om die DBV by 083 292 5862 te skakel indien hulle die dier gewaar.
Inwoners word ook gevra om weg te bly van die dier aangesien sy gevaarlik is.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2023/01/CERT-SA2.jpg)
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2023/01/CERT-SA1.jpg)