Local newsNews

So vang jy ‘n bielie van ‘n baber

Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub het 30 Desember 2022 besluit om by Cilliers se plaas, Deneysville, te gaan hengel en het onder andere 'n bielie van 'n baber uitgetrek.

Sasolburg – Theuns vertel dit was ‘n reënerige dag en die wind het by tye baie sterk gewaai. Hy het egter volgehou en is met ‘n bielie van ‘n baber (13,325kg) beloon. Hy het die ou grote met met mieliepitte gevang.

Theuns vertel dat hy eintlik vir karp gehengel het, maar dat die knewel nie die hoekaas kon weerstaan nie. Dit het hom lank geneem om die baber te land. Behalwe vir die persoonlike triomf spog Theuns nou ook met die buiteklub rekord vir die jaar. Hy het ook 26 karpe gevang.

Johan Pieters het op sy beurt ook op 30 Desember by Bloemhofdam gaan lyn natnaak. Hy het ‘n paar mooi karpe gevang, onder meer ‘n karp wat 4,280 kg geweeg het. Hy het vir die dag 40 vis gevang.

Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub wys die bielie van ‘n baber wat hy gevang het.
Johan Pieters met van die 40 vis wat hy op 30 Desember gevang het.

https://vaalweekblad.com/152785/so-vang-jy-n-bielie-van-n-baber/?fbclid=IwAR13LvvUbgoZ6Psl8DzLi7HJu1ARdXOZ3_JWMVyunk5TW5uTPNVMSvCbxiY

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button