Local newsNews

Kinderhuiskinders hou onvergeetlike seevakansie danksy fondsinsameling

Kinders van die Trentico Kinderhuis in Vereeniging kon in Desember op ’n onvergeetlike vakansie na die see by Richardsbaai gaan danksy ’n fondsinsameling wat vroeër verlede jaar vir hulle gehou is.

Volgens Peet Mulder van Trentico Kinderhuis is die kinders na Richardsbaai geneem, waar ’n plaaslike inwoner sy huis en erf beskikbaar gestel het vir die kinderhuiskinders.

Kinders het in tente op die erf uitgekamp.

Die Rotariërs van Richardbaai het tydens die vakansie onverwags opgedaag en die kinders kom bederf.

Die plaaslike Spur het hulle genooi om burgers te eet en Roco Mamas het gelukpakkies aan die kinders uitgedeel.

‘n Plaaslike prokureur en visserman het die kinders bederf deur heerlike diepsevis te bring vir ‘n visbraai.

Een van die hoogtepunte was ‘n besoek aan die Ushaka-akwarium in Durban.

Hoewel die weer nie aldag saamgespel het nie is daar nogtans lekker geswem, gekuier en heerlik ontspan.

Trentico Kinderhuis het almal wat betrokke was om die kinders se droom ‘n werklikheid te maak bedank.

Mense wat meer oor hierdie kinderhuis wil uitvind kan vir Este Mulder by 071 050 1976 of vir Peet Mulder by 083 358 1203 skakel.

Die besoek aan die Ushaka-akwarium was een van die hoogtepunte. Foto: Verskaf
Kinders van die Trentico Kinderhuis smul aan burgers by die Spur in Richardsbaai . Foto: Verskaf
‘n Seun van die Trentico Kinderhuis speel videospeletjie tydens die besoek aan Richardsbaai. Foto: Verskaf
Kinders speel in die erf van die huis in Richardsbaai waar hulle tydens die vakansie gebly het. Foto: Verskaf
‘n Prokureur en visserman het diepseevis geskenk wat later gebraai is. Foto: Verskaf

Kinderhuiskinders hou onvergeetlike seevakansie danksy fondsinsameling

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button