Die polisie in Carletonville sê dié voorval het op 2 Desember op die Leeupoort-pad naby Oos-Driefontein plaasgevind.
Die mans het omstreeks 22:00 in hul bakkie op hul gewag toe die twee gewapende booswigte hulle oorval het.
Die aanvallers het eers hul selfone geëis en toe op die mans losgebrand.
Een van die mans (57) is in die bors en arm geskiet en het ongelukkig later aan sy beserings beswyk. Die ander man (50) is in die maag geskiet en is later hospital toe geneem.