NewsNews

Diefstal van tafelliggies by Liggiefees getuig van swak smaak

Daar is wel 'n paar besoekers wat die atmosfeer met diefstal gedemp het.

Die Liggiefees by Abraham Kriel Kinderhuis is vanjaar alreeds ‘n groot sukses met talle Potchefstromers wat in die vreugde deel.
Daar is wel ‘n paar besoekers wat die atmosfeer gedemp met diefstal gedemp het. Van die ligte op die tafels is die afgelope week alreeds gesteel met ongeveer R 8 800 se skade wat tot dusver berokken is.
Catharien Saayman, hoof van die Abraham Kriel Kinderhuis, het Donderdag (8 Desember) die nuus op Facebook gedeel dat die ligte gesteel is. Sy het ‘n beroep op besoekers gedoen om op die uitkyk te wees vir mense wat hierdie liggies steel.
Die liggies op die tafels wat gesteel is die afgelope week. Foto: Facebook.
Reaksie op die sosiale media plasing was ook een van skok en ongeloof oor hoe mense dit oor hulle hart kan kry om ligte en ook fondse te steel na al die harde werk wat in hierdie fees ingaan tot behoefte van die Kinderhuis.
“Ag neee! Hoe laag kan die mensdom daal!”, “Ek kan net my kop in ongeloof skud. Ek is verstom…en so teleurgesteld,” was van die kommentaar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button