NewsNews

Vermeende motordiewe sterf in botsing in dorp se hoofstraat

Vier sterf op botsingstoneel

Vier mans in ‘n gesteelde voertuig, het vanoggend, Woensdag 16 November,  gesterf na ‘n botsing met ‘n vragmotor se sleepwa in Vredefort se hoofstraat

Die ongeluk het ongeveer 04:00 vanoggend gebeur. Die motor is by ‘n private woning in Kroonstad gesteel. Die eienaar van die voertuig het wakker geword tydens die diestal, en op die sekuriteitskameras by die huis gesien hoe die voertuig uit  die erf beweeg. Sy het onmiddellik die maatskappy wat die opsporingstoestel in die motor monitor gekontak, wat op hul beurt die polisie in Vredefort in kennis gestel het.

Die polisie het die voertuig net buite Vredefort opgemerk en agterna gesit. Toe die gesteelde voertuig die dorp inry, het die verdagtes oënskynlik beheer oor die voertuig verloor en van agter teen de sleepwa van ‘n  geparkeerde vragmotor vasgery. Al vier die verdagtes is op die toneel oorlede.

https://parysgazette.co.za/77495/vermeende-motordiewe-sterf-in-botsing-dorp-se-hoofstraat/?fbclid=IwAR3MSMpaACv6mjJyvYfbYiNrARD0W1rwNWu5qIoxonSwpgAoAo3Bvc4PJeI

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button