NewsNews

Drie vas na klerewinkel roof

Polisie arresteer 3

Drie verdagtes is deur die polisie gearresteer ná ‘n gewapende roof by Ackermans in Parys op Saterdag 6 Augustus.

Die 5 rowers gewapen met ‘n 9mm pistool, het net na 10:00 die oggend toegeslaan terwyl daar kliënte in die klerewinkel was. Hulle wou geld van die kassiere hê.

Hulle het  met ‘n onbekende bedrag geld en 120 selfone met ‘n wit Toyota sedan voertuig van die toneel gevlug.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Related Articles

Back to top button