NewsNews

N12 gesluit weens betoging

Die N12 was van vroeg vanoggend (7 Julie) deur betogers versper.

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was van vroeg vanoggend (7 Julie) deur betogers versper.

Betogers het brandende bande gebruik om die pad te versper.

Op die oomblik word inkomende verkeer vanaf Klerksdorp die meeste geraak.

Dit is onduidelik waaroor die betogers ongelukkig is, maar mag dalk verband hou met die groot tekort aan water wat sedert verlede week in groot gedeeltes van Promosa, Mohadin en Ikageng heers.

Die munisipaliteit het gesê dat hulle watertenkers na die geaffekteerde areas sal stuur terwyl herstelwerk aan die pompstsie gedoen word. Alhoewel inwoners het glo teen gistermiddag (6 Julie) nog vir water gewag.

Madra de Bruin, ‘n DA raadslid het in ‘n whatsapp boodskap mense gemaan om liewer alternatiewe roetes te gebruik.

N12 gesluit weens betoging | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button