NewsNews

Soveel gaan jy nou betaal vir petrol en diesel

Verbruikers gaan die gordel nog stywer moet trek want saam met die stygende brandstofpryse kan jy seker wees dat dit ook ander pryse sal beïnvloed.

Die finale brandstofpryse vir Junie is pas bekendgemaak.

Motoriste sal vanaf middernag vandag R2,43 per liter meer betaal vir petrol, en diesel word tot R1,10 per liter duurder.

Dit beteken dat jy in die binneland vir 95-oktaan petrol nou R24,17 per liter sal moet opdok en by die kus R23,52 per liter.

Die enigste ligpunt in hierdie ysige koue is dat gas – glo dit of nie – darem 51c per kilogram goedkoper sal wees.

Gelukkig vir motoriste het die regering besluit om die R1.50 heffing wat dit op brandstof plaas, eers weer op 6 Julie in te stel.

Sonder dié toegewing sou ons van more af bykans R4 per liter meer moes opdok.

Related Articles

Back to top button