CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Lidmate bedrywig in Oberholzer

Lidmate van die NG Kerk Oberholzer het onlangs allerlei aksies aangepak.

Dié gemeente het die aand van 6 Mei ‘n Lantern-loop ten bate van Bybelverspreiding gehou. Deelnemers het by die kerk in Vleistraat begin en ‘n roete deur Oberholzer se strate tot weer terug by die kerk gevolg. Sowat 150 mense het aan die staptog deelgeneem. Onder hulle was baie belangstellendes wat nie lidmate van die gemeente was nie.
Die Oberholzer-gemeente het ook onlangs verseker dat die gebou in die Oranjestraat-sirkel netjies oorgeverf word.

Die gebou by die Oranjestraat-sirkel voor dit oorgeverf is.
Danksy die kerk lyk dit nou aansienlik beter.

Related Articles

Back to top button