NewsNews

Taxi ploeg deur mure in Stasiestraat

“As ek net twee minute later nog na my plante in my tuin gekyk het, was ek dood.”

Só sê mev. Yvonne Geel, wat skuins oorkant Slabbert Motors in Stasiestraat in Carletonville woon.

Volgens Geel het sy gistermiddag omstreeks 16:40 in haar voortuin geloop om na haar plante te kyk. Sy was verál gelukkig omdat ‘n lemoenboompie wat al jare sukkel om te groei, nou uiteindelik mooi begin uitloop het.

Geels sê sy het net na haar voordeur teruggestap toe sy skielik ‘n geweldige slag hoor.

‘n Minibus-taxi was uit die rigting van die groot vierrigting stop op pad na Khustong Uitbreiding 5 onderweg toe die bestuurder beheer verloor en deur haar muur en palisade voor haar tuin geploeg het. Die taxi is ook deur die muur tussen haar en haar bure en het met sy neus aan die kant van haar bure se oprit geëindig.

Dit het ook die meeste plante in Geel se voortuin, onder meer die lemoenboompie waarop sy so trots was, flenters gery.

Sover bekend is niemand in die ongeluk beseer nie.

Volgens ‘n ooggetuie was die bestuurder onder die invloed van alkohol. Die taxi het blykbaar eers twee ander voeryuie skrams getref voor dit in die muur vasgejaag het.

Related Articles

Back to top button