“Ons is baie jammer” – Stoptekenmanewales het ‘n goeie einde

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit."

Op Woensdagaand, 4 Mei het die twee jong mans die stopteken in Bailliepark in Potchefstroom gesteel, maar is op heterdaad betrap toe die CCTV-kamera hulle aksies vasgevang het. Die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) het hierdie kameras opgerig.

Die BPGP het toe gesamentlik besluit om nie ‘n kriminele saak oop te maak nie, maar eerder die jong mans op ‘n konstruktiewe manier te laat verstaan dat hulle aksies gevolge het.

Die skuldiges het toe vir hulle aksies opgemaak om weer self die stopteken te herstel. Munisipale werkers het bygestaan om seker te maak dat die stopteken mooi stewig ingeplant word.

‘n Skermgreep wat wys hoe die twee jong mans weer die stopteken vanoggend terugplant wat hulle verlede week gesteel het.

Volgens Johann Venter, voorsitter van die BPGP is daar nou ‘n goeie einde aan die storie aangesien die skade weer herstel is.

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit. Hulle het reggestel wat hulle verkeerd gedoen het,” noem Venter.

Related Articles

Back to top button