NewsNews

Laerskool Fochville maak geskiedenis

Laerskool Fochville het onlangs sy eerste rugbyspan se spelers tydens ‘n prag geleentheid vereer en daarmee geskiedenis gemaak.

Tydens dié spesiale geleentheid het Jorrie Muller, ‘n oudleerder van dié skool en oud-Springbok rugbyspeler, elke seun met hul insluiting in die span gelukgewens.
Lindsay Weyer, ‘n Springbok tegniese analiseerder, wat aan Rassie Erasmus se sy was tydens die 2019 Wêreldbekeroorwinning-sage, het die manne ook kom toespreek.
Tydens die seremonie het elke speler ‘n keps ontvang en sy naam is in ‘n spesiale jaarboek opgeteken.
“Die jong spelers is een vir een vorentoe geroep, terwyl trotse ouers toegekyk het hoe hul seuns vereer word deur ‘n skool met passie om hul leerders te laat groei en te beloon vir hul harde werk,” vertel die skool se woordvoerder, Jaco Pretorius.
Die eerstespan se kapteins is ook aangekondig. Stephan Schutte is as kaptein en Herman Beaumont as onderkaptein aangewys.
Die eerstespan afrigters, mnre. Dawie Nel en Johan Smith het die spesiale geleentheid onder die leiding van mnr. Ben Habig, die skoolhoof, geïnisieer.
“Laerskool Fochville wil ook al die borge bedank wat die aand moontlik gemaak het. Dit sal nog lank onthou word,” het Pretorius bygevoeg.

Jorrie Muller en mnr. Johan Smith.
Lindsay Weyer (Springbok tegniese analiseerder), tydens sy toespraak.

Related Articles

Back to top button