Charné Van Zyl van Vanderbijlpark skryf:
Ek wil almal net vra wat van die “Kruising van die dood” af na die kleinhoewes se kant toe ry, om asseblief mooi te kyk waar julle ry. Daar is slote op sekere plekke langs die pad gegrou en daar is nie versperrings of waarskuwings opgerig om aan te dui dat daar slote is nie. Van die slote is nogal diep. Ons het die oom wie se kar op die foto gesien kan word, gehelp om uit te kom. Hy het nie eers die sloot gesien nie en ons is ook amper met ons kar in een in.