NewsNews

Foto’s: Volkies vier hulle 100ste bestaansjaar met spesiale straatoptog

Personeel en leerders van Hoër Volkskool Potchefstroom het vanogged vanaf 09:15 by die skool begin stap en in meeste nabye strate met plakkate en vlae geloop om Volkie-trots uit te beeld.

Hoër Volkskool Potchefstroom het vandag die strate van die stad in rooi, geel en swart geverf met ‘n spesiale optog om die 100ste bestaansjaar van die skool te vier.

Volkies se skoolhoof, mnr. Terry Nicholenas, bestuur die trekker terwyl leerders en personeel voor hom as deel van die spesiale optog stap.

Die skool is presies vandag (19 April) 100 jaar gelede op 19 April 1922 geopen op die gronde waar Girls High nou is. Daar was slegs 23 leerders gewees en die skool het as Die Medium bekendgestaan. Eers in 1923 is die skool se naam na Volkskool verander. 

Volkie personeel en leerders hetvanogged vanaf 09:15 by die skool begin stap en in meeste nabye strate met plakkate en vlae geloop om Volkie-trots uit te beeld. Die skool het toe ‘n draai by die Girls High gemaak waar die skool ‘n eeu gelede begin het. Daarna is daar weer terug na die skool gestap.

Leerders was vol gees en het elke oomblik van hierdie geskiedkundige dag beleef. Volkies beplan nog baie aktiwiteite vanjaar as deel van hulle Eeufees-vieringe en as hierdie net ‘n voorsmaak was, dan gaan dit nog ‘n baie besondere jaar vir hierdie skool wees.

Kyk die foto’s hier:

Related Articles

Back to top button