NewsNews

Hond wat tydens tragiese ongeluk weg is na vier dae gevind

Xara, die sewe maand oue swart pointer kruising wat verlede Sondag, 27 Februarie, tydens Annien Müller (22) se tragiese ongeluk vermis geraak het, is vanoggend, (Vrydag, 4 Maart) omstreeks 10:00 in die Diepsloot-area gevind. Xara, die hond van Annien en haar kêrel, Reino von Wielligh (29), het Sondag tydens die ongeluk op die N14 wat …

Xara, die sewe maand oue swart pointer kruising wat verlede Sondag, 27 Februarie, tydens Annien Müller (22) se tragiese ongeluk vermis geraak het, is vanoggend, (Vrydag, 4 Maart) omstreeks 10:00 in die Diepsloot-area gevind.

Xara, die hond van Annien en haar kêrel, Reino von Wielligh (29), het Sondag tydens die ongeluk op die N14 wat Müller se lewe geneem het, uit Von Wielligh se motor gespring en weggeraak.

Reino se suster, Nadia du Plessis, en haar man Ross het met behulp van ‘n lid van die plaaslike Diepsloot-gemeenskap op Xara in die gras afgekom.

Xara is weer terug by familie nadat sy vier dae lank vermis was.

Die hondjie was effens uitgeput met ‘n paar skraapmerke en is na die Woodrock Animal Rescue-sentrum vir observasie geneem. Lede van die gemeenskap, Von Wielligh, sowel as die Woodrock Animal Rescue en Healthy Hound Search and Rescue spanne het onverpoos die afgelope vier dae na Xara gesoek.

Reino von Wielligh se suster, Nadia du Plessis, en haar man, Ross, nadat Xara gevind is.

Daar is ook Whatsapp-groepe gestig en wyd en syd oor sosiale media foto’s van Xara gedeel. Diane Lane van Healthy Hound Search & Rescue noem dat hulle een van hulle honde, Zizou, gebruik het om spoor te sny. Sodoende kon Zizou van die ongelukstoneel tot in Diepsloot die soektogarea vernou.

“Ons moes toe nie vir kilometers soek nie en dit het baie met die soektog gehelp,” noem sy.

Related Articles

Back to top button