Laerskool Dagbreek het onlangs sy top drie redenaars in elke graad aangewys.
Volgens die skool se woordvoerder, me. Colene Rudolph, neem almal in die skool aan redenaars deel. Die wenners in elke graad is dus letterlik nie op hul monde geval nie. Al die leerders van die skool gaan op 9 Maart om die trofee as beste redenaar in die skool meeding.