NewsNewsSportSport

Daggies presteer by Inter

Laerskool Dagbreek se atlete het tydens die onlangse Inter Atletiek gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Dié byeenkoms is voorverlede Vrydag by Laerskool Oos-Driefontein aangebied.
Volgens me. Colene Rudolph van Laerskool Dagbreek het dié skool se atlete op die baan met hul besondere prestasies en van die baan met hul goeie gedrag uitgeblink.
Abie du Plooy het twee rekords verbeter en is ook as die beste baanatleet van die dag aangewys. Hy het die 200m rekord wat reeds sedert 2002 staan van 26,50 sekondes na 26,31 sekondes, asook die 100m rekord wat al sedert 1998 staan, van 12,50 sekondes tot 12,38 sekondes verbeter.
Van die skool se ander atlete het ook gewys wat in hulle steek. Mbali Kamele is as die beste meisies baanatleet van die byeenkoms en Rossouw Nel as die beste seuns veldatleet van die byeenkoms aangewys.
“Daggies is trots op hierdie besonderse prestasies,” sê Rudolph.

Abie du Plooy in aksie tydens die byeenkoms.
Mbali Kamele met haar trofeë.

Related Articles

Back to top button