Jong danser nou ook aktrise van formaat

‘n Leerling van Hoërskool Fochville is deesdae bedrywig voor die kamera.

Die 17-jarige Zeldine Voss, ‘n matriekleerling van die skool, is verlede jaar na verskeie uitdunne en stemme gekies om in die video van die bekende Afrikaanse sanger, Irene-Louise van Wyk, se nuwe enkelsnit genaamd “Sou wens” op te tree. Zeldine, voormalige hoofdogter van Laerskool Losberg wat bekend is vir haar dansprestasies, het reeds in Junie verlede jaar aanlyn vir die kompetisie ingeskryf. Sy het die verfilming, wat in Oktober verlede jaar gedoen is, baie geniet. “Ons was 10 meisies wat deel was. Dit was so lekker om met haar saam te werk. Sy is só “humble,” sê Zeldine van die bekende sangeres. Volgens Zeldine het sy voorheen eintlik net Irene-Louise se liedjie “Tekkies” geken, maar nou dat sy meer van die sangeres geleer het, is sy ‘n “super fan”. Die enkelsnit is reeds Vrydag, 28 Januarie vrygestel. Intussen is sy ook gekies om aan ‘n kortfilm deel te neem. Sy gaan ook as deel van dié projek ander TV blootstelling kry.

Related Articles

Back to top button