NewsNews

Begraafplase ‘n nagmerrie

Die gras in die begraafplase in beide Fochville en Carletonville is so lank dat dit vir baie mense onveilig is om hul geliefdes se grafte te besoek.

Tydens besoeke aan beide die begraafplase was die gezoem van bossiekappers hoorbaar.
Ongelukkig was dit egter nie die munisipaliteit wat aan die werk was nie, maar inwoners wat self probeer het om hul geliefdes se grafte skoon te maak.
In Fochville is die gras so lank dat dit van die grafte heeltemal verberg. In die meeste gedeeltes van die begraafplaas is dit egter sowat kniehoogte.
“Ek was so geskok toe ek soontoe gaan. Dit is net onaanvaarbaar,” kla ‘n oud-inwoner van die dorp, me. Annett Venter.
In die Carletonville begraafplaas is die gras ook baie lank. In die park-afdeling, wat veronderstel is om deur die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit onderhou te word, is die gras ook meestal kniehoogte.
In beide die begraafplase is die gras so dig en lank dat besoekers maklik op ‘n slang of ander ongedierte sal kan trap omdat hulle dit nie voor die tyd sal raaksien nie.
Die Herald het die munisipaliteit oor die probleme uitgevra.
Hul woordvoerder sê die probleme sal “so spoedig moontlik” aangespreek word.

Related Articles

Back to top button