CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Twee nuwe onnies by Hoërskool Fochville

Twee nuwe leerkragte het vanjaar by Hoërskool Fochville begin skoolhou.

Me. Michelle de Klerk is ‘n oud-Fochie wat vir die graad neges Afrikaans gee. Haar lewensmotto, “don’t judge a book by its cover”, gee sin aan haar onderwysloopbaan omdat ‘n mens volgens haar ook elke dag iets by die leerlinge kan leer.
Sy glo ook dat geen persoon te vinnig moet oordeel nie, want jy weet nie wat aan die ander kant van elke persoon se heining aangaan nie.
Me. Sarah Isherwood gee vir die graad neges Engels.
“I believe that by doing what I love, I inspire and awaken the heart of my learners. “I want to see that the learners I teach grow and learn while enjoying it. All children need is help, some hope and someone who believes in them,” glo Isherwood.

 

Related Articles

Back to top button