Mense wat in dié area woon, het vroeër vanmiddag ‘n sug van verligting geslaak toe hul krag vir die eerste keer sedert Vrydagnag weer aangekom het. Munisipale werkers het omstreeks 15:00 die kabel wat gesteel was, herstel. Inwoners het die area se wyksraadslid, mnr. Carlos Rebelo, vir sy hulp gedurende die aksie bedank. Ongelukkig sit inwoners van ‘n deel van Welverdiend egter steeds tans sonder elektrisiteit. Intussen lyk dit of die sloerstaking deur munisipale elektrisiëns ook moontlik tot ‘n einde gekom het. Hulle is ongelukkig omdat die munisipaliteit nog nie hul oortydgeld vir Desember betaal het nie.
Related Articles
Check Also
Close
-
Fochville matriculant recognized for his heroismSeptember 12, 2024