NewsNews

Kaping op die mall se pad

Carletonville: ‘n Polisieman is verlede week op die pad na die Carletonville Mall gekaap.

Volgens die polisie was die polisieman, wat in Khutsong gestasioneer is, op 13 omstreeks 12:30 op die pad verby die mall na Carletonville Uitbreiding 9 toe die voorval plaasgevind het. Die wit kar voor hom het skielik gerem en voor die polisieman kon uitswaai, het nóg ‘n kar reg agter hom gestop. Twee mans het uit die kar agter hom gespring en na sy deur gehardloop. Een het ‘n wapen uitgerig end it op die polisieman gerig. Die kapers het hom agter in sy rooi VW Polo TSI gedwing en met hom in die rigting van Randfontein weggejaag. Hulle het hom naby Westonaria aan die kant van die pad afgelaai.

Related Articles

Back to top button